Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 23 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-09-2024 só ingevul:



Die Onderwysdepartement het die ........ verander.
8 % (afgerond)kurikullum
22 % (afgerond)kurikulum
1 % (afgerond)kurikkullum
69 % (afgerond)kurrikulum 

In verafrikaanste woorde word die spelling dikwels verander: "curriculum" word "kurrikulum".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Jy kan nie die storie sommer vir ........ vertel nie; dit kan groot gevolge inhou as almal daarvan moet weet.
18 % (afgerond)deser en gene
41 % (afgerond)dese en gene 
24 % (afgerond)deser en gener
18 % (afgerond)dese en gener

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dese en gene”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
1 % (afgerond)kort termynversekerings-polis
3 % (afgerond)korttermynversekerings-polis
1 % (afgerond)kort termyn versekerings-polis
95 % (afgerond)korttermynversekeringspolis 

Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Kommersiële boere, georganiseerde landbou en ........ is almal betrokke om seker te maak dat ons 'n vennootskap werk.

3 % (afgerond)private-instansies
37 % (afgerond)privaatinstansies
59 % (afgerond)privaat instansies 
1 % (afgerond)privateinstansies

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” instansie. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “mooi”, “mooier”, “die mooiste”. Adjektiewe word gewoonlik los geskryf.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties