Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-10-2024 só ingevul:



Die gehoor hou hul asem op terwyl die akrobaat sy toertjies doen.
Wat is die woordsoort van die woord "asem" in bostaande sin?
2 % (afgerond)adjektief
7 % (afgerond)werkwoord
87 % (afgerond)selfstandige naamwoord  
4 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "asem - die asem - asems".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons moet hierdie taak ........ saam afhandel.
8 % (afgerond)tweetwee
10 % (afgerond)twee twee
82 % (afgerond)twee-twee 

Herhalingsamestellings (reduplikasies) word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Gewoonlik is ........ oor 'n langnaweek.
paas fees
3 % (afgerond)paasfees
97 % (afgerond)Paasfees 
Paas Fees

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Idioom: 'n ........ van 'n ander kleur.
15 % (afgerond)Blom
3 % (afgerond)Kat
78 % (afgerond)Perd 
4 % (afgerond)Trui

Hierdie idioom kom uit die Engels "A horse of a different colour" en beteken 'iets heeltemal anders'. In Nederlands sê 'n mens "heel andere koek" as jy dieselfde bedoel.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties