Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-10-2024 só ingevul:



Jan het ........ om as voorsitter te dien.

4 % (afgerond)in gewillig
1 % (afgerond)geïnwillig
95 % (afgerond)ingewillig 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-”, byvoorbeeld "inwillig - ingewillig" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



My skoen het gehaak en ek het op my ........ geval.
1 % (afgerond)steikie
3 % (afgerond)stuikie
6 % (afgerond)steitjie
90 % (afgerond)stuitjie 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "steitjie" in plaas van die korrekte "stuitjie".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Soogdiere is hoofsaaklik ........ .
97 % (afgerond)warmbloedig 
1 % (afgerond)warm bloedig
2 % (afgerond)warm-bloedig

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ig") wat 'n woordgroep ("warm bloed") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die woord "tik" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Baie jong mense raak aan tik verslaaf.
Joubertina tik ’n brief.
3 % (afgerond)antoniem
2 % (afgerond)sinoniem
87 % (afgerond)homoniem 
8 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "tik" (met ’n tikmasjien skryf) en "tik" (’n soort dwelm).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties