Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 10 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-10-2024 só ingevul:



Hoeveel ........ ontstaan wanneer selle deur middel van mitose verdeel?
6 % (afgerond)nukleï
84 % (afgerond)nukleusse of nukleï 
7 % (afgerond)nukleusse
3 % (afgerond)nukleïne

Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm. In die geval van nukleus is albei meervoude "nukleusse" en "nukleï" korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die skape ........ nie graag vroegoggend nie.
3 % (afgerond)wy
97 % (afgerond)wei 
wui

Om tradisionele redes word hierdie diftong soms deur "ei" en soms deur "y" weergegee. Al is beide "wei" en "wy" Afrikaanse woorde, is "wei" die korrekte een in hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
4 % (afgerond)C# mineur
83 % (afgerond)C#-mineur of C-kruismineur 
11 % (afgerond)C#-mineur
3 % (afgerond)C-kruismineur

Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Wanneer jy meer as een quiche in jou yskas het, het jy quiches of ........ .
78 % (afgerond)quiche'e 
13 % (afgerond)quicheë
3 % (afgerond)quichee
6 % (afgerond)quichese

Soortgelyk aan woorde soos "doktor", "kapelaan" en "hotel", kan "quiche" ook twee meervoudsvorme hê.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties