Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 11 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-10-2024 só ingevul:



Die ........ is nie beskikbaar nie, en ek kan gevolglik nie die internet gebruik nie.
6 % (afgerond)lokale area netwerk
1 % (afgerond)lokalearea netwerk
27 % (afgerond)lokale areanetwerk
65 % (afgerond)lokaleareanetwerk 

"Lokaleareanetwerk" is 'n samestellende samestelling. Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lokale" + selfstandige naamwoord "area") en ʼn selfstandige naamwoord "netwerk".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



My ma het die wasmasjien op 'n ........ veiling gekoop, want sy hou nie daarvan om te hoor hoe mense om haar op iets bie nie.
52 % (afgerond)spookveiling
4 % (afgerond)boksveiling
14 % (afgerond)geheime veiling
29 % (afgerond)stille veiling 

'n Stille veiling is wanneer artikels voor verkoop uitgestal word en bieërs hul botte op papier skryf en in 'n boks plaas. Die hoogste bod wen die artikel.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Idioom: Op die ........ bring.
29 % (afgerond)vloer
10 % (afgerond)grond
61 % (afgerond)tapyt 

Die idioom "op die tapyt bring", beteken om 'iets ter sprake te bring'.
In Engels is dit "Bring something on the carpet".

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die werknemers word in ........ betaal.
20 % (afgerond)yen
15 % (afgerond)Jen
43 % (afgerond)jen 
22 % (afgerond)Yen

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties