Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 21 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-10-2024 só ingevul:



Ek wil tog nie in daardie vervuilde huis woon nie!
Wat is die woordsoort van "vervuilde" in bostaande sin?

5 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord
92 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “vervuilde” huis. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “vervuilde”, “meer vervuilde”, “mees vervuilde”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die kruisondervraging van die ........ word vanoggend in die Hooggeregshof in Kaapstad hervat.
3 % (afgerond)driedubbel moordverdagte
driedubbeld moordverdagte
58 % (afgerond)driedubbele moordverdagte 
38 % (afgerond)driedubbele-moordverdagte

Die woord "driedubbele" is 'n byvoeglike naamwoord en word dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die lawa loop in ........ teen die berg af.
stromens
1 % (afgerond)stroome
99 % (afgerond)strome 
strooms

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "stroom - strome", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 13.2). Die een "o" in "stroom" val weg om die klank lank te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die koelte in die lug beteken die winter is in ........ .
1 % (afgerond)die weegskaal
flarde
die versier
99 % (afgerond)aantog 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in aantog”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die kollokasie "is in aantog" is die enigste een met die korrekte betekenis in die konteks van 'op pad wees'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties