23 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-10-2024 só ingevul:
Die ........ hou vanjaar weer oorsee vakansie.
De Villiers' of De Villiers'e De Villiers's of De Villierse
slegs De Villiers'e
slegs De Villierse
Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op “e” of “r(s)” wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud met onderskeidelik “e” of “s” gevorm word. Die van "De Villiers" kan egter as "De Viljee" of "De Williërs" uitgespreek word, daarom is albei spelwyses, na gelang van uitspraak, korrek.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
inaggeneem in ag geneem
in aggeneem
inag geneem
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die legendariese Maagd van Orléans (in Frans bekend as Jeanne d’Arc) word in Afrikaans ........ genoem.
Joan van Arc Johanna van Arkel
Joan van Arkel
Johanna van Arc
Johanna van Arkel is die Afrikaanse benaming vir Jeanne d'Arc (Engels 'Joan of Arc'). Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Johanna_van_Arkel
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Idioom: Daar uitsien soos die ........ in sluiters.
dood
siekbed
kamera
Die idioom "daar uitsien soos die dood in sluiters" beteken 'baie maer'. In die gedig "Buytenleven" van W. Sluiter (1627-1673) word die dood voorgestel as 'n geraamte, net vel en been. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)