Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 24 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-10-2024 só ingevul:



Sarel het hom ........ toe hy hoor die boelie is uitgevang.
1 % (afgerond)ferkneukel
1 % (afgerond)geverkneukel
98 % (afgerond)verkneukel 
geferkneukel

"Verkneukel" beteken om 'stilletjies lekker te kry oor iets'.
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er"-, "ont-" en "ver-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.
1 % (afgerond)kammitjie
1 % (afgerond)kamiki
95 % (afgerond)kammetjie 
3 % (afgerond)kammietjie

Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die swemmer het uitgeblink in die ........ .
39 % (afgerond)400 m- individuele wisselslag  
11 % (afgerond)400 m-individuele-wisselslag
31 % (afgerond)400m- individuele wisselslag
19 % (afgerond)400m-individuele-wisselslag

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die woorde "gawe" (attributiewe vorm van die byvoeglike naamwoord "gaaf") en "gawe" (selfstandige naamwoord wat 'talent' beteken), is ........ van mekaar.
49 % (afgerond)homonieme 
22 % (afgerond)homofone
5 % (afgerond)homograwe
24 % (afgerond)poliseme

Homonieme is woorde met dieselfde uitspraak en spelling, maar verskillende betekenisse.
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties