Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 04 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-11-2024 só ingevul:



Wat is die korrekte manier om die woord "finansiële" oor twee reëls af te breek?
37 % (afgerond)finansi-ële
16 % (afgerond)finansi-ele
47 % (afgerond)finansi-ele of finansi-ële 

Indien 'n woord wat normaalweg met 'n deelteken geskryf word, aan die einde van 'n reël afgebreek moet word, is die deelteken opsioneel (AWS 1.7). Die koppelteken neem as 't ware die funksie van die deelteken oor.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Die ........ is tussen 1946 en 1956 in grotte in die omgewing van Qoemran ontdek.
13 % (afgerond)Dooie-Seerolle
37 % (afgerond)Dooie Seerolle  
8 % (afgerond)Dooie-See-Rolle
41 % (afgerond)Dooieseerolle

In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Dooie See") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("rolle") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Dooie Seerolle" is "Dooie See-rolle" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



William dra graag baadjies met smal ........ .
5 % (afgerond)lapeltjie
1 % (afgerond)lapelliedjie
94 % (afgerond)lapelletjies 
1 % (afgerond)lapelkie

Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou, byvoorbeeld "lapelletjie".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Stella was so vol van haarself sy kon nie ophou om haar eie trompet te blaas nie!
Wat is die sinonimiese betekenis van "eie trompet te blaas" in bogenoemde sin?

98 % (afgerond)te spog 
verleë te wees
1 % (afgerond)selfbejammerenswaardig te wees
te kla

Die idioom om "jou trompet te blaas" beteken 'om jou eie lof te verkondig (spog)'.
In Engels is dit: "blow one's own trumpet; sing one's own praises."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties