11 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-11-2024 só ingevul:
Die minister se motor is blink en swart. Wat is die woordsoort van "se" in bostaande sin?
voornaamwoord partikel
bywoord
voegwoord
Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” saam met ‘om te’, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
My pa ry 'n ........ en gebruik hom op enige terrein.
4x4Suzuki
4x4 Suzuki 4x4-Suzuki
Eienaamverbindings met 'n syfer of simbool as eerste lid en 'n eienaam as die ander lid word met 'n koppelteken vas geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Die groot kantoor is in ʼn aantal kleiner kantoortjies ........ .
geäfskort
af geskort
geafskort afgeskort
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Idioom: Klein ........ het groot ore.
potjies
bakke
skottels
koppies
Die idioom "klein potjies het groot ore" beteken 'kinders hoor meer as wat 'n mens dink'. In Engelse sê 'n mens "little pitchers have long ears". (Bron: Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)