Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 15 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-11-2024 só ingevul:



Die motor het teen die ........ helling afgerol en in die afgrond beland.
13 % (afgerond)styl
stuil
86 % (afgerond)steil 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die tennisspeler moes teen sy opponent ........ .
die spit hê
1 % (afgerond)al dieper spit
76 % (afgerond)die onderspit delf 
22 % (afgerond)die spit afbyt

Die idioom "die onderspit delf" beteken 'verloor'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Alle oë is op die ........ om te hoor of die Reserwebank die rentekoerse gaan verlaag.
69 % (afgerond)monetêrebeleidsvergadering 
2 % (afgerond)monetêre beleids-vergadering
monetêre beleid vergadering
29 % (afgerond)monetêre beleidsvergadering

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n samestellende samestelling is, is om te kyk of die byvoeglike naamwoord na die eerste of laaste naamwoorddeel van die samestelling verwys. Indien dit na die eerste naamwoorddeel verwys, moet dit vas geskryf word. Ander voorbeelde van samestellende samestellings is "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Hy is verwaand oor sy eienskappe.
'n Antoniem vir "verwaand" is:
53 % (afgerond)beskeie 
44 % (afgerond)arrogant
3 % (afgerond)ingenome
beskore

'n Antoniem verteenwoordig die teenoorgestelde betekenis van 'n woord. As iemand nie verwaand is nie, is hy/sy beskeie, nederig, ingetoë, bedeesd of skaam.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties