15 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-11-2024 só ingevul:
Die motor het teen die ........ helling afgerol en in die afgrond beland.
styl
stuil steil
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die tennisspeler moes teen sy opponent ........ .
die spit hê
al dieper spit die onderspit delf
die spit afbyt
Die idioom "die onderspit delf" beteken 'verloor'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Alle oë is op die ........ om te hoor of die Reserwebank die rentekoerse gaan verlaag.
monetêrebeleidsvergadering
monetêre beleids-vergadering
monetêre beleid vergadering
monetêre beleidsvergadering
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n samestellende samestelling is, is om te kyk of die byvoeglike naamwoord na die eerste of laaste naamwoorddeel van die samestelling verwys. Indien dit na die eerste naamwoorddeel verwys, moet dit vas geskryf word. Ander voorbeelde van samestellende samestellings is "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Hy is verwaand oor sy eienskappe. 'n Antoniem vir "verwaand" is:
beskeie
arrogant
ingenome
beskore
'n Antoniem verteenwoordig die teenoorgestelde betekenis van 'n woord. As iemand nie verwaand is nie, is hy/sy beskeie, nederig, ingetoë, bedeesd of skaam.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)