20 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-11-2024 só ingevul:
My boetie is nou 'n ........ by Tukkies.
eerste jaar student eerstejaarstudent
eerste jaarstudent
eerstejaar student
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "hoëhakskoen", "eerstejaarstudent", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die Koningin van die Nag uit Mozart se Towerfluit is so woedend, sy sing: ........
"Die wraak van die hel kook in my bloed."
"Die wraak van die hel kook in my bloed".
"die wraak van die hel kook in my bloed".
"die wraak van die hel kook in my bloed."
In Afrikaans kom leestekens (punte en kommas) gewoonlik binne aanhalingstekens. Anders as in Engels word die dubbelpunt gewoonlik gevolg deur 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Ek wil nie betrokke raak ........ julle rusies nie.
in
vir
aan by
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens raak betrokke "by" 'n saak maar raak betrokke "in" 'n ongeluk.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
........ moet maar na jou ouers luister.
'N mens
'n mens
'N Mens 'n Mens
As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin, word die daaropvolgende woord met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)