Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 22 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-11-2024 só ingevul:



Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
1 % (afgerond)klassieke musiek fees
80 % (afgerond)klassiekemusiekfees 
1 %klassieke musiek-fees
18 %klassieke musiekfees

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Hy praat pure onsin.
Wat is die woordsoort van "pure" in bostaande sin?
58 % (afgerond)attributiewe adjektief 
2 % (afgerond)preskriptiewe adjektief
24 % (afgerond)beskrywende adjektief
15 %predikatiewe adjektief

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “pure onsin”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die onsin is puur".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Die ........ trek saam.
73 % (afgerond)spook 
3 %hond
13 % (afgerond)skoonma
12 % (afgerond)kat

Die idioom "die spook trek saam", beteken ''n verandering van lewenswyse beteken nie dat vorige probleme afgeskud is nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ van Behuising is dr. Gericke.
17 %Direkteur-generaal
19 % (afgerond)direkteur-generaal
51 % (afgerond)Direkteur-Generaal of direkteur-generaal 
13 % (afgerond)Direkteur-Generaal

'n Ampsbenaming ("direkteur-generaal") wat na 'n individu verwys, of die naam van 'n instelling ("behuising"), begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties