18 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-04-2025 só ingevul:
Hy help ........ om die gras te sny, maar dan sit hy heeldag onder ʼn boom.
kastig kastig of kamstig kamstig
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "kastig – kamstig", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die kind is vol ........ ; dis maar moeilik om met haar huis te hou.
nuks nuke nukke nukkens
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1). In die geval van die woord "nukke" word die "k" verdubbel om die "u"-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die idioom: skoonheid vergaan maar deug bly staan, beteken deug is meer blywend van aard as mooiheid. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die afkorting "ww." in taalkunde staan vir ........ .
wonder waaroor werkwoord werk en woeker word wys
ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord, groep woorde of organisasies. Daar is vier kategorieë: egte afkortings, simbole en akronieme. ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)