21 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-03-2025 só ingevul:
Die woord "week" in die volgende sinne is ’n ........ . Die hemp is so vuil, ek sal dit eers moet week voordat ek dit kan was. Wat maak julle volgende week?
sinoniem homofoon homoniem antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "week" (‘lank in water laat lê’) en "week" (‘sewe dae’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Hoekom is al die ........ in die huis aan?
ligge ligte liggens ligs
Sommige meervoude soos "ligte", "gaste", "nagte" eindig ook op "-e" maar die ekstra "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: Oor die ........ se stert wees.
kat akkedis hond perd
Jy kan by George gaan speel, mits jy al jou huiswerk gedoen het. Wat is die woordsoort van "mits" in bostaande sin?
bywoord adjektief voegwoord lidwoord
Voegwoorde of konjunksies is kort woorde wat gebruik word om sinne saam te voeg en kan 'n groot invloed op die betekenis van sinne hê, byvoorbeeld: Hy nog sy hou van Hans. Ek en hy hou van Hans. Ek of hy hou van Hans.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)