04 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-04-2025 só ingevul:
Die woord "insien" in die volgende sinne is ’n ........ . Hy kan nie insien hoekom sy besluit nie reg is nie. Trek die gordyne toe sodat verbygangers nie kan insien nie.
antoniem homoniem antifoon homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "insien" (‘begryp’) en "insien" (‘inkyk’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Slaan die planke met ........ aan mekaar.
spykerens spykere spykers spykerre
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ , dis pragtig!
oo O o Oo
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Die haelkorrels kletter op die dak. Wat is die woordsoort van "kletter" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)