Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 04 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-04-2025 só ingevul:



Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .
53 % (afgerond)top openbare skole of top- openbare skole
4 % (afgerond)top-openbare-skole
21 % (afgerond)top openbare skole
23 % (afgerond)top- openbare skole 

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“openbare”) sou dit vas geskryf word as “topskole” (AWS 12.25). Die woorddeel "top" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie en word altyd vas aan 'n naamwoord in 'n samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hoe verdeel ons "munisipaliteit" in lettergrepe?
1 % (afgerond)mun-isi-pal-iteit
2 % (afgerond)mun-isi-pali-teit
1 % (afgerond)mu-nis-ip-al-it-eit
96 % (afgerond)mu-ni-si-pa-li-teit 

Woorde moet verkieslik op betekenisvolle plekke afgebreek word, terwyl herkenbaarheid in gedagte gehou moet word. Woorde van klassieke herkoms word meestal streng volgens sillabegrense afgebreek.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Vele staatsamptenare word ........ vervroegde pensioen gestel.

5 % (afgerond)in
46 % (afgerond)op  
48 % (afgerond)met
1 % (afgerond)aan

Iemand word OP pensioen gestel, en hy/sy is dan OP/MET pensioen. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die taak van die speaker van 'n ........ is om orde te handhaaf.
25 % (afgerond)Parlement of parlement
64 % (afgerond)slegs parlement 
11 % (afgerond)slegs Parlement

Wanneer die naam van 'n instelling ("parlement"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties