Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 09 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-04-2025 só ingevul:



Hoeveel ........ moet jy die semester voltooi?

98 % (afgerond)opdragte 
1 % (afgerond)opdragge
1 % (afgerond)opdragtens
opdragens

Sommige meervoude soos "opdragte", "gaste", "nagte" eindig ook op
"-e", maar die ekstra "t" is deel van die oorspronklike stam.

Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Justin het 'n obstruksie in sy ........ en moet 'n operasie ondergaan.
96 % (afgerond)derm 
2 % (afgerond)derim
2 % (afgerond)derem

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "derm", “wurm” en “kerm”.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Die reëlings vir die wêreldbeker word deur die ........ getref.
11 % (afgerond)Fifa hoofkantoor
70 % (afgerond)FIFA hoofkantoor
8 % (afgerond)FIFAhoofkantoor
10 % (afgerond)Fifahoofkantoor 

Samestellings met 'n letterklankwoord (akroniem) as eerste element word op dieselfde wyse hanteer as samestellings waarin 'n volledige eienaam optree. Wanneer die akroniem egter 'n letternaamwoord is (dus met hoofletters geskryf word), word die akroniem met 'n koppelteken aan die tweede deel verbind (byvoorbeeld "ATKV-hoofkantoor").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die woord "stede" in die volgende sinne is ’n ........ .
In stede van leer, het hy gaan fliek.
Johannesburg, Amsterdam, New York en Berlyn is bekende stede.
4 % (afgerond)sinoniem
81 % (afgerond)homoniem 
3 % (afgerond)antifoon
12 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "in stede van" (‘in plaas van’) en "stede" (‘groot nedersettings’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties