Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 11 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-04-2025 só ingevul:



Ek eet elke oggend ʼn bakkie ........ saam met my graankos.
1 % (afgerond)joghurd
57 % (afgerond)jogurt 
42 % (afgerond)joghurt
jogurd

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die AWS erken slegs die spelling "jogurt".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Tussen die ........ lê warm, tropiese gebiede.
3 % (afgerond)keerkrings
7 % (afgerond)keurkringe
89 % (afgerond)keerkringe 
keerkringens

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("keerkring"), kry ’n "-e" in die meervoud AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Dit is opwindende nuus, maar die ........ kan nog nie uit die mou gelaat word nie.

2 % (afgerond)rot
90 % (afgerond)aap 
2 % (afgerond)haas
6 % (afgerond)kat

Idiome is vaste uitdrukkings wat eie is aan ʼn bepaalde taal. Die betekenis is nie altyd duidelik nie en moet aangeleer word. Sommige idiome is deel van ʼn sin en kan ʼn mate van variasie toon. Die idioom "die aap uit die mou laat", beteken ''n geheim verklap of die onbekende bekend maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die hond knaag aan ʼn been.
Wat is die woordsoort van "knaag" in bostaande sin?

1 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "knaag - geknaag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties