11 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-04-2025 só ingevul:
Die swemmer het uitgeblink in die ........ .
400m- individuele wisselslag 400 m-individuele-wisselslag 400 m- individuele wisselslag 400m-individuele-wisselslag
Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.
Die minister se motor is blink en swart. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort van "se" in bostaande sin?
vergelykingspartikel skakelpartikel infinitiefpartikel besitspartikel
Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: ontkenningspartikel – tweede “nie” besitspartikel – “se” vergelykingspartikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Soos koeie bulk, so sê ons bulle ........ .
brul balk grom snork
Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Die plaaslike politieke party se propaganda is ........ .
pro-Afrikaans Pro-Afrikaans proafrikaans pro-afrikaans
Byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels soos "anti-" en "pro-" van taalname afgelei is, word met 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die res geskryf. Die voorvoegsel begin met 'n kleinletter en die res met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)