Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 14 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-04-2025 só ingevul:



Die ........ van die saak was dat hulle hof toe is.

1 % (afgerond)eiteinde
1 % (afgerond)yteinde
eitynde
99 % (afgerond)uiteinde 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “eiteinde” in plaas van die korrekte “uiteinde”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Jy sal by die meubelmaker moet aanklop as jy vir jou ........ wil laat maak.

87 % (afgerond)so ʼn stoel of sulke stoele 
5 % (afgerond)sulke stoel
7 % (afgerond)so 'n stoele

Die woord "sulke" word by meervoud gebruik; "so 'n" word by enkelvoud gebruik.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die klein ........ beweer hy is reg en die onderwyser verkeerd.
1 % (afgerond)weisnees
2 % (afgerond)wuisneus
1 % (afgerond)wysnees
96 % (afgerond)wysneus 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "wysneus", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Mense dra nie meer eintlik ........ nie.
82 % (afgerond)tjalies 
5 % (afgerond)charlies
10 % (afgerond)tjarlies
4 % (afgerond)chalies

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties