Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 14 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-04-2025 só ingevul:



........ is die eerste letter van die Griekse alfabet.
56 % (afgerond)Alfa of Alpha
22 % (afgerond)slegs Alfa 
slegs Alva
22 % (afgerond)slegs Alpha

Verafrikaanste woorde is woorde wat uit ander tale opgeneem is in Afrikaans, maar wat net soos Afrikaanse woorde lyk en gebruik word.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Nagraadse studente moet ........ met die nuutste ontwikkelinge op hulle spesialisasiegebiede.
71 % (afgerond)tred hou 
28 % (afgerond)tredhou
1 % (afgerond)tred-hou

Die kollokasie "tred hou" beteken 'op hoogte bly'. Die woord "tred" beteken 'stap; tree'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die maatskappy fokus veral op ........ .
11 % (afgerond)huis- tot huisverkope
4 % (afgerond)huis tot huis-verkope
81 % (afgerond)huis-tot-huis-verkope 
4 % (afgerond)huis tot huisverkope

Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die Afrikaans vir die plek waar koffie gebrand word, staan bekend as 'n ........ .
15 % (afgerond)brandery 
59 % (afgerond)roostery
7 % (afgerond)brouery
19 % (afgerond)koffiehuis

In Afrikaans sê ons ons "brand" koffie. In Engels is dit "roast". Die Engelse "roastery" is dus in Afrikaans 'n "brandery". Om koffie te "rooster" is dus 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties