13 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-08-2025 só ingevul:
Oupa spog met twee verskillende soorte ........ in sy vrugteboord.
druiweprieële druiwepriele druiwepriële druiweprieele
Die deelteken in "druiwepriële" dui vir ons aan dat die twee vokale "ie" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.
tweedehandseboekwinkels tweedehandse boekwinkels tweede handse boekwinkels tweede handse boek winkels
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die legendariese Maagd van Orléans (in Frans bekend as Jeanne d’Arc) word in Afrikaans ........ genoem.
Joan van Arkel Joan van Arc Johanna van Arkel Johanna van Arc
Johanna van Arkel is die Afrikaanse benaming vir Jeanne d'Arc (Engels 'Joan of Arc'). Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Johanna_van_Arkel
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Idioom: Iemand uit die ........ slaan.
stadion stoel huis veld
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)