Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 30 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-01-2026 só ingevul:



Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.
43 % (afgerond)drie weke staking
5 % (afgerond)drie week staking
5 % (afgerond)drieweekse staking
46 % (afgerond)drieweekstaking 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vlaag" in bostaande sin?
64 % (afgerond)abstrakte naamwoorde 
8 % (afgerond)soortname
1 % (afgerond)eiename
28 % (afgerond)versamelname

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vlaag", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Buite ........ wees.
45 % (afgerond)raad 
1 % (afgerond)beproewing
54 % (afgerond)jouself

Die uitdrukking "buite raad wees", beteken 'nie weet wat om verder te doen nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



ʼn Beunhaas is ........ .

66 % (afgerond)iemand wat nie weet wat hy doen nie, ʼn knoeier 
3 % (afgerond)ʼn tradisionele gereg van haasvleis
5 % (afgerond)ʼn haassoort wat slegs in die Klein-Karoo voorkom
27 % (afgerond)ʼn tengerige adolessent

Die woord "beunhaas" verwys na iemand wat knoei met handewerk, of onbekwaam is. In die sewentiende eeu het die woord "bönhase" verwys na ʼn handwerker wat nie aan ʼn gilde behoort nie. Dit was dikwels kleremakers wat onwettig op ʼn solder ("böne") gewerk het. (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties