20 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:
Ek dink jy slaan die bal mis. Onder watter subkategorie van woordsoorte val die woord "bal" in bostaande sin?
eiename soortname versamelname speelname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "bal", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
My jongste sussie kan nie ophou praat oor die ........ wat verlede week voor George-hulle se huis gestaan het nie.
2 deur Renult 2deurRenault 2-deur-Renault 2-deur Renault
In eienaamverbindings wat as soortname optree en wat begin met 'n nie-eienaamgedeelte gevolg deur 'n eienaamgedeelte, word die dele met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 14.10).
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Die nuwe kabinetslede is bloot ........ van die vorige regering.
pionnens pionne pions pionens
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2). Die "n" word verdubbel om aan te dui dat die voorafgaande klank kort is.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Wag vir ons, ons is ........ !
oppad op pat opad op pad
Die kollokasie "op pad" is nie 'n samestelling nie, voorsetsels plus naamwoorde word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by wyse van", "op las" en "op mekaar"
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)