03 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-04-2026 só ingevul:
Die woord "toon" in die volgende sinne is ’n ........ . Jy moet jou paspoort by doeane toon. Eina! Ek het my toon gestamp. Ons gaan die lied een toon hoër sing.
antoniem sinoniem homoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee of meer woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "toon" (‘wys’), "toon" (‘deel van ’n mens se voet’) en "toon" (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
’n Mens sien ........ vir Mariette by die konserte.
gereeld gereelt gereult gereuld
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "gereuld" in plaas van die korrekte "gereeld".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Idioom: ........ is die beste kok.
Die muis Kerneels Honger Katrina
Die idioom "honger is die beste kok", beteken 'as 'n mens honger is, smaak alles lekker'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Beskryf vir my die man wat die winkel beroof het. Wat is die woordsoort van die woord "beskryf" in bostaande sin?
voegwoord adjektief werkwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beskryf" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)