Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-04-2026 só ingevul:



Die sagte naat tussen die skedelbene van babas word 'n ........ genoem.
88 % (afgerond)fontanel 
5 % (afgerond)frontanel
7 % (afgerond)skedelnaat

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "fontanel" kom van die Franse woord "fontanelle" wat 'fonteintjie' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Idioom: Soos dit ........ en seil.
78 % (afgerond)reil 
7 % (afgerond)ryl
6 % (afgerond)muil
8 % (afgerond)vyl

Die idioom "soos dit reil en seil", beteken 'met alles wat daar by is'. Die woord "reil" is 'n verbastering van "rijdt" in die oorspronklike Nederlandse uitdrukking.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.
tweede handse boek winkels
12 % (afgerond)tweedehandse boekwinkels
87 % (afgerond)tweedehandseboekwinkels 
1 % (afgerond)tweede handse boekwinkels

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ek wil tog nie in daardie vervuilde huis woon nie!
Wat is die woordsoort van "vervuilde" in bostaande sin?

20 % (afgerond)beskrywingsadjektief
64 % (afgerond)attributiewe adjektief 
14 % (afgerond)predikatiewe adjektief
2 % (afgerond)preskriptiewe adjektief

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n vervuilde huis”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die huis is vervuil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties