Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 17 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-04-2026 só ingevul:



Toe ons in Egipte was, het ek my aan die ........ verwonder.
67 % (afgerond)reusepiramides of reusepiramiede 
23 % (afgerond)reusepiramiedes
1 % (afgerond)reusepiramiedens
9 % (afgerond)reusepiramide

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "piramide – piramied", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Die slagoffer is met ʼn mes gesteek en ........ .

99 % (afgerond)verkrag 
vergekrag
geverkrag

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Monique is die enigste ........ tussen die dorings en geniet die mans se geselskap.
8 % (afgerond)blom
2 % (afgerond)plant
90 % (afgerond)roos 

Die idioom "roos tussen die dorings" beteken 'nooi tussen die kêrels. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die skool gaan die einde van die jaar 'n toneelstuk opvoer.
Die woord "opvoer" is 'n ........ .
2 % (afgerond)bywoord
96 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. In die geval van skeibare werkwoorde, soos "opvoer", word die verlede tyd met "-ge-" aangedui, byvoorbeeld "opvoer - opgevoer".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties