06 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-05-2026 só ingevul:
Die ........ kanovaart was ’n uitmergelende tog vir die deelnemers.
tien daelange tiendae lange tien-dae lange tien dae lange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("dae") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Nadat die waarheid oor die minister se geldsake uitgekom het, is hy as ........ gebrandmerk.
leuënar leuenaar leuënaar leunaar
Ter wille van tradisie of in gevalle waar geen uitspraakprobleme ontstaan nie, word die deelteken nie gebruik nie, byvoorbeeld "leuenaar", "dae", "geolie" en "geykte" (AWS 5.1b).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Baie mense het na dese ʼn hoë ........ van Gerrie Nel.
dank denk dink dunk
As jy ʼn hoë dunk (nie "dink" nie) van iemand het, het jy agting vir die persoon. Die selfstandige naamwoord "dunk" (wat 'mening' beteken) is al in die dertiende eeu in Brabant-Wes opgeteken. (Bron: Vroegmiddelnederlands Woordenboek)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)