Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 08 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:



Die woord "geslag" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die Bohlmanns het gister 'n bees geslag.
Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham.
1 % (afgerond)antifoon
9 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem
89 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “geslag” (‘verlede tyd van slag’) en “geslag” (‘afstammeling’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Jy moet versigtig ry; daar is baie ........ in die pad.
hobbelens
98 % (afgerond)hobbels 
2 % (afgerond)hobbele

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Na sy afdanking het hy ten ........ gegaan.
97 % (afgerond)gronde 
2 % (afgerond)grond
2 % (afgerond)grônde
grondes

Die vaste uitdrukking "ten gronde gaan" beteken 'vernietig word' of 'ondergaan'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Peet speel die kitaar en Nicky speel die tromme.
Wat is die woordsoort van "tromme" in bostaande sin?
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)bywoord
1 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “trom - die trom - tromme”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties