16 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-09-2026 só ingevul:
Die ........ van sommige kollegas by die werk, maak dinge ondraaglik.
houdingens houdinge houdings houdingers
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "rantsoen - rantsoene", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 14.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die klein motor sal nie ........ om mee te gaan vakansie hou nie.
deug deëg deeg
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “deeg” wanneer hulle eintlik “deug” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
........ kom ook na die braai.
Catherinehulle Catherine-hulle Catherine en hulle
Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Catherine-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die woord "week" in die volgende sinne is ’n ........ . Die hemp is so vuil, ek sal dit eers moet week voordat ek dit kan was. Wat maak julle volgende week?
sinoniem homoniem homofoon antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "week" (‘lank in water laat lê’) en "week" (‘sewe dae’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)