Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 22 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-09-2026 só ingevul:



Sy het die rekord met een ........ verbeter.

14 % (afgerond)sekond
86 % (afgerond)sekonde 
sekont

In die enkelvoud praat ons van "sekonde"; in die meervoud praat ons van "sekondes".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die kragonderbreking is veroorsaak deur 'n ........ wat onklaar geraak het.
1 % (afgerond)terbiene
2 % (afgerond)terbine
24 % (afgerond)turbiene
72 % (afgerond)turbine 

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus gevier word?
14 % (afgerond)Vrouedag
3 % (afgerond)nasionale Vrouedag
1 % (afgerond)nasionale vrouedag
82 % (afgerond)Nasionale Vrouedag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Bring gerus julle ........ saam na die jaareindfunksie.
50 % (afgerond)wederhelfte of wederhelftes 
41 % (afgerond)wederhelftes
wederhelftens
9 % (afgerond)wederhelfte

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "wederhelfte – wederhelftes"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties