02 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-11-2026 só ingevul:
Die ooggetuie beskryf die man wat die winkel beroof het. Wat is die woordsoort van die woord "beskryf" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die ooggetuie beskryf die man. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is - "die man". Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ooggetuie beskryf in baie goed. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die reëlings vir die wêreldbeker word deur die ........ getref.
slegs Fifahoofkantoor Fifahoofkantoor of Fifa-hoofkantoor slegs Fifa-hoofkantoor Fifa-hoofkantoor of Fifahoofkantoor of Fifa hoofkantoor
Samestellings met 'n letterklankwoord (akroniem) as eerste element word op dieselfde wyse hanteer as samestellings waarin 'n volledige eienaam optree. Wanneer die akroniem egter 'n letternaamwoord is (dus met hoofletters geskryf word), word die akroniem met 'n koppelteken aan die tweede deel verbind (byvoorbeeld "ATKV-hoofkantoor").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Johan het ........ om die kamp op te pas.
agter gebly agtergebly agtergeblei agter geblei
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die verhaal handel oor die ........ van mense op 'n klein dorpie.
wel-en-weë wel en weë wel en wee wel-en-wee
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “wel en wee”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)