20 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-11-2026 só ingevul:
Diep in die bos loop die kinders toe 'n ........ raak, wat die klippe in kos verander.
tovenaar toovenaar towenaar toowenaar
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Ons het 'n onafhanklike arbiter ingekry, maar hy kon geen hond ........ maak van die situasie nie.
af haar haar-af haar af haaraf
Die uitdrukking "dit maak nie hond haaraf nie", beteken 'dit het geen uitwerking nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die voorsitter word ........ benoem.
vyf-jaarliks vyfjaarliks vyf jaarliks
Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel ("-liks") wat 'n woordgroep ("vyf jaar") saambind tot 'n woord (wat dan vas geskryf word).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Sommige mense glo steeds nie aan ........ nie, ondanks verskeie wetenskaplike bewyse wat daarop dui.
ewolusie evolusie of ewolusie evolusie
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “evolusie – ewolusie”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)