Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-11-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-11-2026 só ingevul:



Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
9 % (afgerond)menslike hulpbronbestuurder
89 % (afgerond)menslikehulpbronbestuurder 
1 % (afgerond)menslike hulpbron-bestuurder
1 % (afgerond)menslike hulpbron bestuurder

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Waarvoor staan die afkorting "mA"?
31 % (afgerond)milliampère 
12 % (afgerond)milli-ampèré
3 % (afgerond)milliampèré
54 % (afgerond)milli-ampère

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.



Ons sal ons ........ moet uitskud vir môreaand se deftige geleentheid.
2 % (afgerond)slenterklere
95 % (afgerond)kisklere 
2 % (afgerond)patroonklere
2 % (afgerond)trommelklere

Hierdie uitdrukking verwys nie na die klere wat 'n lyk in 'n kis aanhet nie. Vroeër het die mense hulle beste klere in 'n kis gebêre, en dit net uitgehaal vir deftige geleenthede.
In Engels verwys hulle na: "One's Sunday best."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons sal tydens die reses 'n besoek bring aan ........ Gumede.
24 % (afgerond)Haar Edele regter 
26 % (afgerond)haar Edele Regter
6 % (afgerond)haar edele regter
44 % (afgerond)Haar Edele Regter

Die dele van sekere geformaliseerde aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties