29 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-05-2025 só ingevul:
Ek is vol ........ dat die beleid hersien gaan word.
vertroue selffertroue selfvertroue fertroue
Om "vol vertroue" te wees beteken om 'alle hoop op iets te hê'; die woord "selfvertroue" beteken dat 'n mens 'vertroue in jouself het'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die ........ van regter, predikant en burgemeester is tans vakant.
ampe ampte ambte ambe
Sommige meervoude soos “ampte”, “gaste”, “nagte” eindig ook op “-e” maar die ekstra “t” is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
My ........ Piet teel ayrshires, friese en jerseys, want afrikaners en bramane is nie goeie melkproduseerders nie.
Ohm ohm oom Oom
Wanneer 'n voornaamwoord ("my") voor 'n persoonsnaam ("oom") staan, word die persoonsnaam nie met 'n hoofletter geskryf nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Waarvoor staan die afkorting "t.o.v."?
totem ora veritas tot ons verdriet ten opsigte van ten oorsig van
Die uitdrukking "ten opsigte van" word afgekort met "t.o.v.". In die AWS verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)