04 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-06-2025 só ingevul:
Die ........ het aangekondig dat Gawie hom in sy kantoor moet kom spreek.
adjunk-hoof adjunkhoof adjunk hoof
Samestellings met “adjunk-“, “assessor-“, “assistent-”, “hoof-”, “kandidaat-”, “leerling-”, “mede-”, “onder-”, “staf-”, “ sub-” en “ vise-” word sonder ’n koppelteken vas geskryf. AWS12.34
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
As iets oor en oor gesê word, word dit 'n ........ genoem.
cliché cliche clichè
Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Uitdrukking: Jy moenie alles glo wat jy in die geel ........ lees nie.
boek pers koerant tydskrif
Die uitdrukking "geel pers" verwys na koerante en tydskrifte wat meestal sensasionele nuus publiseer. Dit kom na aanleiding van goedkoop sagtebandboeke wat vroeër in Engeland met 'n geel omslag uitgegee is. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Wat noem ons 'n inwoner van Rondebosch?
Rondeboscheriet Rondeboscher Rondeboschser Rondebosser
Iemand wat in Rondebosch woon, is 'n Rondebosser en het Rondebosse gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)