09 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-06-2025 só ingevul:
Hy is ........ tot die gebou geweier.
tugang togang toegang
Die [u]-klank word in Afrikaans met "oe" geskryf.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Haar sketse getuig van ʼn ........ aanleg.
artistieke artisties artistike artistiek
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("artistiek"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die plaaslike sakeonderneming het twee ........ .
Senior Bestuurders senior bestuurders senior Bestuurders Senior bestuurders
Wanneer 'n ampsbenaming ("senior bestuurder") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Ek wil graag nog die ........ in Egipte sien.
sfinx sfinks sfiex sfienks
Vreemde woorde wat verafrikaans word ("sfinks"), word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)