10 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-06-2025 só ingevul:
Studente behoort graag aan die ........ .
slegs studenteünie slegs studente-unie slegs studenteunie studenteunie of studente-unie
As 'n opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die bank het my huis ........ .
herwaardeer of geherwaardeer herwaardeer of hergewaardeer herwaardeer hergewaardeer
Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Sir Anthony Hopkins en Catherine Zeta-Jones is twee van die bekendste ........ van ons tyd.
Wallisane Walliesers Wallisiërs Wallisers
'n Inwoner of boorling van Wallis (Engels 'Wales') staan in Afrikaans bekend as 'n "Wallieser" en het "Walliese" gewoontes. In Engels vervul die woord "Welsh" die funksie van sowel die persoonsnaam as die byvoeglike naamwoord wanneer na mense of dinge verwys word wat betrekking het op hierdie Britse deelstaat. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Wallis
Sien ook die bladsy Persoonsname.
'n Ander betekenis vir die woord "toetakel" as 'te lyf gaan', is ........ .
iets lelik sê opsmuk baie geskenke gee
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toetakel” (‘opsmuk’) en “toetakel” (‘te lyf gaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)