Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 04 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-06-2025 só ingevul:



Die ........ in die ou huis is almal buite werking.
20 % (afgerond)relys
40 % (afgerond)relês 
23 % (afgerond)releis
17 % (afgerond)rely's

Woorde wat op 'n vokaalletter met 'n diakritiese teken eindig , kry 'n "-s" in die meervoud, sonder 'n afkappingsteken.
'n Relê is 'n tussenskakelaar, en dit word uitgespreek as [rə'lɛ].
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die siekte ........ kom veral in koeie voor ongeveer een week voor en twee weke ná kalwing.


53 % (afgerond)subakute rumenasidose  
3 % (afgerond)subakute rumen asidose
3 % (afgerond)sub-akute rumen asidose
41 % (afgerond)sub-akute rumenasidose

Woorde wat in Afrikaans met die voorvoegsel "sub-" begin, kry normaalweg nie 'n koppelteken nie. Die woord "rumenasidose" is 'n samestelling van twee naamwoorde "rumen" en "asidose". Samestellings word vas geskryf
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ het besluit om hulle skoene vir liefdadigheid te skenk.
74 % (afgerond)500 mense 
1 % (afgerond)5-honderd mense
1 % (afgerond)5-honderd Mense
24 % (afgerond)500 Mense

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



As Ouma die eende gaan kos gee, roep sy: " ........ !"

21 % (afgerond)koel-koel
26 % (afgerond)kielie-kielie
38 % (afgerond)wielie-wielie 
15 % (afgerond)kiep-kiep

Eende word geroep met wielie-wielie (of pielie-pielie), hoenders met kiep-kiep en kalkoene met koel-koel. Sekere paddas maak kielie-kielie. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties