Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 04 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-06-2025 só ingevul:



Die ........ het aangekondig dat Gawie hom in sy kantoor moet kom spreek.
20 % (afgerond)adjunk-hoof
79 % (afgerond)adjunkhoof 
1 % (afgerond)adjunk hoof

Samestellings met “adjunk-“, “assessor-“, “assistent-”, “hoof-”, “kandidaat-”, “leerling-”, “mede-”, “onder-”, “staf-”, “ sub-” en “ vise-” word sonder ’n koppelteken vas geskryf. AWS12.34
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



As iets oor en oor gesê word, word dit 'n ........ genoem.
80 % (afgerond)cliché 
1 % (afgerond)cliche
20 % (afgerond)clichè

Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Uitdrukking: Jy moenie alles glo wat jy in die geel ........ lees nie.

10 % (afgerond)boek
66 % (afgerond)pers 
21 % (afgerond)koerant
3 % (afgerond)tydskrif

Die uitdrukking "geel pers" verwys na koerante en tydskrifte wat meestal sensasionele nuus publiseer. Dit kom na aanleiding van goedkoop sagtebandboeke wat vroeër in Engeland met 'n geel omslag uitgegee is.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wat noem ons 'n inwoner van Rondebosch?
1 % (afgerond)Rondeboscheriet
61 % (afgerond)Rondeboscher
10 % (afgerond)Rondeboschser
28 % (afgerond)Rondebosser 

Iemand wat in Rondebosch woon, is 'n Rondebosser en het Rondebosse gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties