05 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-06-2025 só ingevul:
My boetie het ........ om Sondag saam met my ma kerk toe te gaan.
aanbied aangebied geaanbied ge-aanbied
Deelwerkwoorde soos "aanbied", kry ook "ge-" in die verledetydvorm, maar dit verskyn tussen die voorsetsel en die werkwoord.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.
pandimonium pandinomium pandenomium pandemonium
Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
litiumbatery lithiumbattery litiumbattery lithium battery
ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek het ........ so ʼn goeie fliek gesien.
slegs lank-laas lank laas of lanklaas slegs langlaas slegs lanklaas
Volgens die AWS is die woorde "lank laas" en "lanklaas" albei korrek en word as wisselvorme beskou. ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)