Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 09 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-06-2025 só ingevul:



Die oorlog in Sirië veroorsaak 'n groot vlugtelingkrisis in Europa.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "Europa" in bostaande sin?

11 % (afgerond)soortname
22 % (afgerond)landname
64 % (afgerond)eiename 
4 % (afgerond)abstrakte naamwoorde

Eiename dui op spesifieke persone, plekke, organisasies, publikasies ens. en neem gewoonlik nie meervoud nie. In teenstelling met soortname, begin eiename gewoonlik met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Europa", "Kaapstad", "Skaapwagter" (toestel) "Jurgens", "Beeld", ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



My swaer kla gereeld oor die ........ in die omgewing wat jag maak op sy lammers.
9 % (afgerond)Rooikat
90 % (afgerond)rooikat 
1 % (afgerond)rooi kat
Rooi-kat

By plant- en diername waar die byvoeglike naamwoord kleur aandui, word dit tradisioneel vas aan die naamwoord geskryf (AWS 14.29). Ander voorbeelde sluit in "swartmamba" en "witborskraai".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons het vandag 'n ........ in die klas opgevoer waar Rooikappie deur die wolf gevang word.
75 % (afgerond)dramatjie 
dramadjie
2 % (afgerond)dramaatjie
23 % (afgerond)drama'tjie

Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Idioom: Die ........ begrawe.
99 % (afgerond)strydbyl 
mes
geweer
1 % (afgerond)swaard

Hierdie idioom beteken 'vrede maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties