09 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-06-2025 só ingevul:
Die plek waar lyke veras word, is 'n ........ .
krematorium verbrandingsoond verassery lykshuis
Lyke word in 'n "krematorium" veras; afvalstowwe word in 'n "verbrandingsoond" verbrand; lyke word tydelik in 'n lykshuis gehou voor die teraardebestelling of verassing.
Olifante ........ wanneer hulle ander olifante wil waarsku.
kras trompetter skree snuif
Olifante trompetter, korhane skree, ratels snuif en kraaie kras.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
konstante snelheids las as konstante snelheidslas-as konstantesnelheidslasas konstante-snelheids-las-as
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die afkortings "v.a.a." of "VAA" staan vir ........ .
Vereniging van Afrikaanse aanbieders Vereniging van Australiese aandeelhouers vry van alle awery Vereniging van Afrika Angoras
"Awery" beteken 'skade aan skip of lading'. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)