06 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-06-2025 só ingevul:
Die Weste in Amerika is bekend vir sy ........ .
cowboys cow boys kaubois
Vreemde woorde ("cowboys") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Chantelle is die ........ meisie in die klas.
mooiste mees mooie mees mooiste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Hy het 'n behoefte ........ moederliefde.
op aan tot vir
Volgens die Tweetalige Voorsetselwoordeboek sê ons "behoefte aan iets".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die Afrikaanse vertaling van "Union Buildings" is ........ .
Unie geboue Uniegebou Unie Gebou Uniegeboue
Hoewel die woord "Union Buildings" in Engels in die meervoud gebruik word, is dit in Afrikaans slegs in die enkelvoud, "Uniegebou".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)