05 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-06-2025 só ingevul:
Sodra ons by die huis kom, trek ons ons ........ uit.
kerk klere kerk kleure kerkklere kerkkleure
ʼn Samestelling (“kerkklere”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kerk” en “klere”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die Oranjeborssuikerbekkie (Anthobaphes violacea) staan in Engels bekend as die ........ .
"(Orange-breasted Sunbird)" 'Orange-breasted Sunbird' "Orange-breasted Sunbird" " Orange-breasted Sunbird "
Aanhalingstekens word altyd teenaan die gedeelte geskryf wat aangehaal word met spasies daarvoor en daarna. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Oranjeborssuikerbekkie)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Idioom: 'n ........ in die gras.
Kat Likkewaan Slang Wurm
Die leier van die SAKP is ’n bekende ........ .
Kommunis kominis kommunis Kominis
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "kommunis", "professor", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)