Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 02 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-07-2025 só ingevul:



Baie spelers doen ........ op tydens ʼn wedstryd.
14 % (afgerond)beseringe
beseringens
85 % (afgerond)beserings 

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die temperatuur het gedaal en daar het vanmiddag ........ begin val.
1 % (afgerond)keppok
3 % (afgerond)kepok
92 % (afgerond)kapok 
4 % (afgerond)kappok

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die "a" in "kapok"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "kepok").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Sonder ’n ........ kan ’n paaltjiewagter ernstig beseer word.
1 % (afgerond)been-skut
99 % (afgerond)beenskut 
been skut

ʼn Samestelling ("beenskut") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("been" en "skut") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "instem" in die volgende sinne is ’n ........ .
As die bestuurder daartoe instem, kan ons die projek verder voer.
Voordat die orkes kan begin speel, moet die solis eers sy viool instem.
13 % (afgerond)homofoon
antifoon
85 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "instem" (‘goedkeur’) en "instem" (‘op dieselfde stemming bring’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties