Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 03 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-06-2025 só ingevul:



Juffrou Le Roux deel aan al haar leerlinge ........ uit van die gedig wat hulle gaan ontleed.
1 % (afgerond)kopie's
87 % (afgerond)kopieë 
10 % (afgerond)kopië
3 % (afgerond)kopies

Wanneer 'n woord reeds op 'n "e" eindig (soos "kopie") en sy meervoud deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm word, kry daardie "-e" 'n deelteken. By die homograaf "kopie" wat 'voordelige aankoop' beteken, word die meervoud egter deur die toevoeging van 'n "-s" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Musikante prys almal die ........ van ons skoolsaal.
90 % (afgerond)akoestiek 
9 % (afgerond)akkoestiek
1 % (afgerond)akkoestik
1 % (afgerond)akoestik

In woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan ("akoestiek"), skryf ons met "ie" (AWS 16.10).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Dominee lees voor uit die ........ .
73 % (afgerond)Kanselbybel 
5 % (afgerond)kansel-Bybel
2 % (afgerond)kanselBybel
19 % (afgerond)kanselbybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Noord-Korea het al voorheen ........ dat hulle kernplofkoppe lanseer het.

geys
5 % (afgerond)geëis
94 % (afgerond)beweer 
beweur

Die woord "beweer" beteken 'sê dat iets so is'; die woord "eis" beteken 'ferm versoek'. Hierdie woorde is albei in Engels "claim", daarom word dit soms in Afrikaans verwar.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties