18 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-06-2025 só ingevul:
Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
seegevier geseevier geseëvier seëgevier
Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Al meer boere pas deesdae ........ toe.
droëland boerdery droëlandboerdery droë landboerdery droë land boerdery
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "droë" + selfstandige naamwoord "land") en ʼn selfstandige naamwoord "boerdery".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
As ek gaan uiteet, drink ek net ........ - die ander wyn is net nie vir my lekker nie.
Pinotage Pinotage of pinotage pinotage
Die name van kultivars of tipes kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Idioom: Te vuur en te ........ vervolg.
swaard water swael sand
Die uitdrukking "te vuur en te swaard vervolg" beteken 'deur middel van vuur en wapens vervolg'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)